Ontmoet God - Module 1

Ontmoet God deur Paulus se briewe

Ons ervaar dat baie mense sukkel om die Bybel te verstaan.

Dit is hoekom ons bestaan. Ons is hier om te help.

Ons glo dat 'n beter begrip van die Bybel tot 'n meer vervulde lewe sal lei. Die Bybel is immers "deur God geïnspireer" (2 Timoteus 3:16) om vir ons te wys hoe om te leef. Die Bybel is nie bloot bedoel om net te lees nie. Dit is eerder bedoel om bestudeer te word sodat dit toegepas kan word. Anders is dit soos om kos te sluk sonder om dit te kou. Dit word dan weer uitgespoeg en het geen voedingswaarde nie. Die Bybel is soos 'n goudmyn. Dit vereis delfwerk maar die beloning is rykdom wat geld nie kan koop!

Hoe werk die BibleGPS?

BibleGPS ontwikkel maklik, verstaanbare materiaal (handboeke, video's, PPT en dagboeke) om jou te help om die Bybel beter te verstaan en om jou die nodige vertroue te gee oor hoe om God se Woord in jou daaglikse lewe toe te pas. Die metode wat ons leer, word GPS (God Posisionering Sisteem) genoem.

Ons noem ons eerste reeks Ontmoet God! Dit bestaan uit vyf modules. Elke module fokus op 'n spesifieke tipe literatuursoort van die Bybel.

Module 1 fokus op die briewe van die Nuwe Testament. (Beskikbaar)
Module 2 fokus op die wet, verhale en profete. (Binnekort beskikbaar)
Module 3 fokus op wysheid. (Binnekort beskikbaar)
Module 4 fokus op die evangelies, gelykenisse en gesprekke (Binnekort beskikbaar)
Module 5 fokus op apokaliptiek - Openbaring (Beskikbaar in 2016)

Ons het self studie asook groep studie-opsies beskikbaar

Waarom hierdie benadering?

Die Bybel is deur meer as 40 skrywers geskryf. 'n Bepaalde skrywer (sender) het die betekenis (boodskap) in 'n spesifieke vorm (tipe literatuur) deurgegee.

As jy in staat is om `n gedig te interpreteer, dan sal jy ook in staat wees om al die ander poëtiese gedeeltes van die Bybel te interpreteer. Dink aan die verskillende tipe literatuursoorte as verskillende metodes van vervoer bv motors, vliegtuie en skepe. Dit is duidelik dat jy 'n motor nie soos `n skip kan navigeer nie. Dieselfde beginsel geld vir letterkunde. Jy kan nie 'n gelykenis soos poësie interpreteer nie. Die taal van gelykenisse is voor die hand liggend, terwyl poësie meer figuurlike taal gebruik.

Maar met hierdie lesse sal jy met die vaardigheid toegerus word om te ry, vlieg en te vaar. Klink dit nie opwindend nie?


Your Instructor


Kobus Genis
Kobus Genis

KOBUS GENIS was born in Bellville, South Africa. He obtained a Bachelor's Degree in Theology (BTh) from the University of Stellenbosch, South Africa, and served as a minister in South Africa from 1992-2003. Since 2003 he and his family have been living in sunny Alberta, Canada, where he has been a minister until May 2020. Kobus is currently the Executive Director of the Bible GPS Institute. Kobus' passion is to teach people how to understand, apply and communicate the essentials of the Bible in the 21st century.

Kobus wrote a devotional based on the principles of this course.

It Takes More Than A Mask will show you how an ancient test, the Bible, will help you to move from a Hope End to an Endless Hope. The book comprises of 365 devotions that will take you on a chronological journey through all the Bible books. The book is available as a Paperback and eBook (Kindle). The eBook is also available on many other platforms like Apple and Barnes & Noble. Click here to order the ebook from those platforms.


Frequently Asked Questions


Wanneer begin en eindig die kursus?
Die kursus begin nou en eindig nooit nie! Dit is `n iaanlyn kursus waar jy die tempo bepaal - jy besluit wanneer jy begin en eindig.
Vir hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Hoe klink lewenslange toegang? Nadat jy ingeskryf het, het jy het onbeperkte toegang tot die kursus vir so lank as wat jy wil - oor enige en alle toestelle wat jy besit.
Wat as ek nie met die kursus tevrede is nie?
Ons wil nooit sien dat jy ongelukkig is nie! Indien jy nie met die kursus tevrede is nie, kontak ons asseblief binne 30 dae en ons sal jou `n volle terugbetaling gee.

Get started now!