Die Bybel GPS vir Fasiliteerders

Die kursus sluit alle video materiaal in.

Die videos in hierdie kursus is op die studiemateriaal van die Bybel GPS boek gebaseer. Die 'Bybel GPS' dissipelskapboek neem jou op 'n reis van tien weke (70 dae) deur die Bybel met sy verskillende genres / literatuursoorte. Die boek bevat 'n daaglikse dagstuk, studiemateriaal asook materiaal vir groepbesprekings.

Jy kan die Bybel GPS Boek (R250.00) by Groep7Drukkers en Uitgewers of by Amazon bestel.

Luister gerus na Bybel GPS Potgooie asook ons YouTube kanaal. ('subscribe' gerus)

Welkom by die Bybel GPS Dissipelskap kursus

Wat jy sal leer en ervaar ...

  • Kennis van hoe die Bybel ontstaan het
  • 'n Geheel-oorsig van die Bybel
  • Onderskei die verskillende literatuursoorte in die Bybel
  • Bemeester die vaardigheid om die Bybel reg te lees en toe te pas
  • Beleef hoe God se Woord ons GPS vir die lewe is
  • Maak goeie vriende tydens jou tien weke lange reis
  • Groei in kennis, vaardigheid en karakter


Your Instructor


Kobus Genis
Kobus Genis

KOBUS GENIS is in Bellville, Suid-Afrika, gebore. Hy behaal `n Baccalaureus graad in Teologie (BTh) aan die Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika en was predikant in Suid-Afrika van 1992-2003. Sedert 2003 woon hy en sy gesin in die sonnige Alberta, Kanada, waar hy vanaf 2003 to 2020 as predikant gedien het. Hy is huidiglik die Direkteur van die Bybel GPS Instituut. Kobus se passie is om mense te leer hoe om die essensiële boodskap van die Bybel in die 21ste eeu te verstaan, toe te pas en te kommunikeer.

Hy is die skrywer van die dagboek ‘It Takes More Than A Mask” asook die “Ontmoet GOD” Bybelstudie reeks.


Frequently Asked Questions


Wanneer begin en eindig die kursus?
Die kursus begin nou en het nie `n einddatum nie! Dit is 'n aanlynkursus wat heeltemal selfstandig is - jy besluit wanneer jy begin en wanneer jy klaar is.
Hoe lank het ek toegang tot die kursus?
Hoe klink lewenslange toegang? Nadat jy ingeskryf het, het jy onbeperkte toegang tot hierdie kursus.
Sê nou ek is ontevrede met die kursus?
Ons wil nooit hê dat jy ongelukkig moet wees nie! As jy ontevrede is met die kursus, kontak ons ​​binne 30 dae en ons sal jou die volle terugbetaling gee.

Get started now!